Blombos Museum van Argeologie

bma1Die Blombos Museum van Argeologie
Die Blombos Museum van Argeologie is in die lewe geroep deur die Hessequa Argeologiese Advieskomitee (nou ontbind) en ingewy deur prof. Chris Henshilwood op 14 Oktober 2006.
Inhoud
Die Blombosgrot-uitstalling bevat dubbelwang punte (Stilbaaipunte), beengereedskap, varswaterskulpe wat in kralesnoere gebruik is, ‘n replika van die befaamde gegraveerde oker en ‘n grimeerstel.
Daar is ook ander uitstallings van Vroeër-, Middel- en Laat- Steentydperk-artefakte afkomstig uit die streek. Daarbenewens is daar ʼn gedeelte toegewy aan die jag en kulturele voorwerpe van die Boesmans, asook ‘n Khoekhoen kleipot.
bma2
‘n Gallery van Boesmanrotskuns uit die Langeberge, tesame met ʼn klein uitstalling wat die tegnologie van die Boesman-kunstenaars uitbeeld, is ʼn nuwe toevoeging tot die museum .
Bestuur
Die Hessequa Vereniging vir Argeologie bestuur, bedryf, en beheer die bates van hierdie museum deur vrywillige werk van sy lede en finansiële hulp van die Hessequa Raad en ander bronne.
Die museum self is tans gehuisves in die historiese “De Jagerhuis-opstal, Palinggat, Stilbaai”.
css.php