Paleontologie

Gefossileerde Olifantspore naby Stilbaai
Gefossileerde olifantspore naby Stilbaai

Die Museum beskik oor ‘n klein versameling olifantgebeentes wat plaaslik opgegrawe is toe die fondamente van ‘n huis naby die De Jager Opstal gegrawe is. Sedertdien is ‘n stuk van ‘n gefossileerde tand by die versameling gevoeg en daar is ook tans ‘n paar seekoeibene wat nie uitgestal word nie. Dit word in die vooruitsig gestel.

Die Vereniging beoog om gaandeweg verdere vondse te versamel om ‘n beeld te kan vorm van die prehistoriese dierelewe in die streek. Hierdie oogmerk het ‘n hupstoot gekry toe mnr. Louw van Schalkwyk twee stukke van ‘n gefossileerde geraamte wat in die duine naby Jongensfontein gevind is, aan die Vereniging geskenk het. Die twee stukke het pragtig bymekaar gepas om die kopbeen van ‘n hiëna te vorm.

 

css.php