Die “Stilbaai” kultuur

stillbay1stillbay2Die term “The Stillbay” is wêreldbekend onder argeoloë en verwys na ʼn spesifieke styl waarvolgens bepaalde klipwerktuie gedurende die Middel Steentydperk vervaardig is. Sulke werktuie word in die besonder gekenmerk deur pragtige blaarvormige dubbelwangpunte (“bifacial points”) waarvan albei die oppervlaktes met ʼn drukskilfertegniek bekend as visskubskilfering, fyn afgewerk is. Hierdie werktuie stem merkwaardig ooreen met soortgelyke werktuie wat omtrent 40 000 jaar later deur die paleolitiese inwoners van Europa vervaardig is.

Die Stilbaai industrie is ʼn voorbeeld van ʼn tegnologie wat, ondanks duidelike voordele bo ander tegnologieë van die tyd, nie in standgehou is nie. In Afrika is voorbeelde slegs gevind in strata gedateer van 70 000 tot 75 000 jaar gelede

Die term “Stillbay Industry” (tans bloot bekend as “The Stillbay”) is oorspronklik deur die argeoloog AJH Goodwin gebruik om erkenning te gee aan die argeologiese pionierswerk wat in die Riversdal-, Blombos-, en Stilbaaigebied deur die Riversdalse onderwyser CHTD Heese, gedoen is.

Afrikaans of / or English