Die Hessequa Vereniging vir Argeologie is ‘n vrye-assosiasie en nie-statutêre liggaam wat op 1 April 2008 deur ‘n aantal inwoners gestig is om die argeologiese erfenis van Hessequa te bewaar en bekend te stel.
Hierdie erfenis sluit in: die oer-oue visvywers, die skulpkombuise langs die kus van die Gouritsriviermond tot by die Breederiviermond, die rotskuns vindplekke in die Langeberge, die argeologiese skatte van die Blombos grot, die veelheid argeologiese artefakte wat in die streek gevind word, baie ander plekke van argeologiese en kultuur-historiese belang, asook die unieke kalksteen fynbos van die area en spesifiek in die Hesssequa streek.
Lidmaatskap is oop vir almal wat belangstel in die argeologie van die streek en in die bewaring van hierdie erfenis. Ons nooi u om aan te sluit.