Visvywerprojek
Bevordering van die volgehoue bewaring van die Noorkapperspunt-visvywers wat geleë is in ʼn area wat as beperkte gebied binne die Stilbaai Marine Bewaringsgebied verklaar is.
Rotskuns projek
Om verdere rotskuns vindplekke in die Hessequa- streek te karteer en te dokumenteer.
Hessequa se Etnogeskiedenis
Navorsing oor die geskiedenis en kultuur van die eertydse inheemse Khoenkhoen- en Boesman-inwoners van die Hessequa en die bepaling van hulle moontlike verwantskap met die huidige inwoners
Die Blombos Museum vir Argeologie
Die bestuur, instandhouding en uitbreiding van Die Blombos Museum vir Argeologie
Argeologiese Terrein Katalogus van Hessequa
Skep van ʼn omvattende katalogus van alle argeologiese terreine van belang in Hessequa en die identifisering van terreine vir verdere studie
Skoolprojek
Om leerders van die Hessequa-streek bewus te maak van argeologie en die beginsels daarvan by hulle tuis te bring.
Rotskuns galery
Om die rotskuns van die Hessequa op ʼn aanskoulike manier aan die publiek bekend te stel